Die belangrikste hunkering, soektog en ontwikkeling van elke mens is ‘n reis om jou ware identiteit te vind, jou Goddelike doel uit te leef en jouself toenemend gesond aan te bied in elke lewensfase en -omstandigheid. Hierdie ontwakende en vormende reis vind plaas in die netwerk van jou vier basiese verhoudings: met God, jouself, andere en die natuur.

