Bemeester jou negatiewe emosies finaal
‘n Werkswinkel wat daarop fokus om die spesifieke negatiewe emosies te identifiseer wat lei tot ‘n ongesonde, verwonde en moeilike verhouding met jou self, God, ander en in werksverhoudings. Dit is ‘n praktiese, in-diepte reis om hierdie emosies effektief en positief te kanaliseer, die positiewe te ontdek en verhoudings daarby te laat baat.
Lees Meer oor enkele fokusareas
- Ontdek hoe jou emosies ontstaan en funksioneer.
- Leer ken God se bedoeling met elke sogenaamde negatiewe emosie.
- Verbreed jou emosionele woordeskat.
- Leer hoe om sterk negatiewe emosies te beheer en positief aan te wend.
- Raak ontslae van emosionele kilheid/doodsheid/onvolwassenheid.
- Leer om jou emosionele buie/gemoedstemminge tot voordeel van jou verhoudingsnetwerk aan te wend.
- Leer hoe om sterk emosies vrymoedig met God te bespreek en dan reg te kanaliseer.