"Kerkgoeters het my nog altyd verveel. Gee my liewer adrenalien sport. En interessante plekke waar ek heen kan reis. Ek het nooit kon dink dat ware feite oor die hemel en nuwe aarde soveel adrenalien in my kan wakkermaak nie. Skielik is die Koninkryk van God vir my 'n groot avontuur en die Pelgrimsreis na die hemel en nuwe aarde toe lyk na die beste reis van my lewe."
“My ma sê altyd ek is nog bloedjonk. Dit het my so vies gemaak. Maar nou is ek geweldig dankbaar dat ek my mensweesreis op die bloedjonge ouderdom van 19 kon doen, voor my volwasse lewe werklik gaan begin. As ek nie hierdie week se skoling ondergaan het nie, sou ek ‘n hengse klomp foute vorentoe in my lewe gemaak het."
"Nou het ek gekry wat nog altyd ontbreek het: praktiese verhoudingsvaardighede. Want ek kan alleen so gelukkig wees as wat my verhoudinge is. En ek het net beheer oor my eie bydraes in my verhoudinge, nie oor die ander mense s’n nie. Dis ‘n wonderlike vryheid en las wat van my skouers af is."
"Die gat waarin ek was, was diep en donker. Ekself het onbewustelik ‘n groot aandeel daarin gehad. My voete is nou weer op vaste grond. Ek is opgetrek uit die modderige slyk. In U Lig sien ek die lig. My erfenis is vir my mooi. Teleurgestelde verwagtinge is nie meer my god wat ek aanbid nie en ‘n swak selfbeeld is nie meer my daaglikse dieet nie."
“Ons huwelik is grondig herstel en vir die eerste keer in ons 12 jaar van getroude lewe kon ons ‘n volwasse gesprek met mekaar voer”.
"Die belangrikste van alles vir my is die praktiese maniere waarmee ek toegerus is om vanuit my Jesus-identiteit te lewe."
“Na 10 jaar in die woestyn, het ek met my reis uitgekom by ‘n rusplek waar ek my ou self met sy valshede vaarwel kon toeroep. Ek het groot vreugde vir my laaste paar jaar hier op aarde want Christus is my lewe. Dankie Here, dat ek finaal gesterf het en nou net met deursettingsvermoë in enige lyding kan wag vir die grand finale.”
"Ek wou 5 jaar gelede al die VM-reis doen. Ek het opgestaan uit die dood en kan vir die eerste keer weer voel."
“God has made a new beginning for me ! How desperately I needed it after so many years of conflict with myself and other people”.
“I felt that 90% of what was said in the course, was only for me personally. Things have become shockingly clear to me. My life was full of pain. I have now discovered that I have contributed to at least 70% of my pain because of my wrong reactions to life’s difficulties and sufferings.”
“My whole life has changed now. I’m strongly called by God to maturity. I did not understand the difference in my life between Biblical care for myself and sinful selfishness. I have served God more for the blessings in His hand than for His hand itself.”
"From the very first day of our journey I was very much touched by the message of the Wounded Healer. I never thought in the past that if God wants to reach His purposes in my life, I need to go through times of trials, pain, losses and sufferings. God has called me to be a wounded Healer, like Jesus, and He can use my past experiences of woundedness and pain in order to make it a source of healing for wounded people like me".