


GETUIENIS
Ek kan nie glo ek het met sulke arrogantheid soveel afgode al die jare aanbid het nie, salig onder die waan dat ek eintlik ‘n groot Christen en volwasse mens is.
Die lewe het opnuut weer vir my begin! Aan God al die eer in die hoogste hemele.
Ek is hier gebore.
Ek het so ‘n patetiese mens gevoel dat ek nie vir die VM reis kans gesien het nie. Hoe kan een week my verlede en die effek daarvan wegvat? Al die vuil en seer is nou weg. Ek is ‘n nuwe mens.
Ek wou 5 jaar gelede al die VM-reis doen. Ek het opgestaan uit die dood en kan vir die eerste keer weer voel.