Enkele getuienisse van Mensweesreisigers
“Ek het altyd vasgekyk teen swaarkry en moeilike tye en my lewe so probeer organiseer dat ek meestal net goeie en gelukkige tye beleef. Ek het die fout van my lewe gemaak, want ek het nie die wins in die gebroke deel van die lewe (wat maar elke dag deel is van elke mens se lewe) raakgesien en ontgin nie. Ek het myself verarm. Nou is ek besig met dit wat nooit van my weggeneem kan word nie.”
“Man, ek was ‘n ou vir min woorde, maar ek kon ‘n ding laat gebeur. My vrou het my teen die mure uitgedryf met haar geneul om tog met haar te gesels en bietjie meer te vertel. Veral as sy aanhoudend aandring om te weet wat ek voel, wou ek sommer skei. Wel, ek praat nou nog nie so baie soos sy nie, maar die blokkasie is uit die pad en die woorde kom makliker. Ek voel so ‘n snaakse vryheid.”
“Vir die eerste keer verstaan ek presies wat my skeppingsdoel is en wat ek prakties kan doen om dit na te jaag. Daarom het ‘n diepe rus en vrede my lewensbestaan kom vul. My ontevrede gejaag na verhoudinge en dinge kon dit nooit vir my bewerk nie.”
“Wat ‘n openbaring was dit nie om te kan sien dat ek onbewustelik my lewe lank aangedryf is deur seerkry in my pogings om my lewe so in te rig dat ek veilig kan voel. Ek kon met wyse begeleiding my verlede se seer in die oog kyk, dit hanteer en totsiens sê daarvoor. Ek voel so lig en gesond en sien baie uit na God se toekoms vir my op die ou aarde totdat ek Huistoe gaan, wat dit ook al inhou.”
“Ek het nooit besef die lewe kan so opwindend wees nie! Dit was vir my beide ‘n skok en verligting om te ontdek hoe ek tyd gemors het met vervelige en uitputtende herhaling van kinderagtige reaksiepatrone in my volwasse lewe. Ek dink my hele netwerk van verhoudinge gaan dans van blydskap sonder vrees dat op my lang tone wat orals rondgelê het, getrap word.”
“Ek het een van die beste beleggings van my lewe gemaak want ek is tydens my mensweesreis onherroeplik gefokus op die belangrikste prioriteite van my lewe op hierdie kort aarde.”
“Nou kan ek “nee” sê vir mense en sonde sonder om bang te wees dat ek enigeen van die twee sal seermaak!”
“Toe ek my eerste werksdag na my mensweesreis die kantoor binne stap begin my kollegas vir my vra wat het gebeur dat ek so anders lyk. Na ‘n paar dae wou meeste van my weet waar was ek die vorige week want ek het baie verander in my gedrag.”
“My aggressiewe benadering tot mense en die aanpak van dinge het my heeltemaal begin isoleer van die lewe en my gesondheid aangetas. Die sondige dryfkragte is ontlont en ek weet nou hoe om my aggressie te kanaliseer om God se wil te kan doen, in plaas daarvan om eenvoudig mense en dinge uit die pad te vee of op hulle plek te sit.”
“Ek wil nie meer my tyd mors om ontsnappingsroetes uit te werk om uit moeilike situasies weg te kom nie. Daar is baie beter en minder stresvolle dinge om te doen. Ek verwag dat ek nou baie gaan groei omdat ek nie so gaan weghol uit vrees vir konflik nie.”
“Hoekom het ek nog nooit van hierdie wonderlike dinge gehoor nie? Nou op my oudag hoor ek wat die lewe eintlik is en voel ek vir die eerste keer ek gaan in die regte rigting en is toegerus daarvoor. Ek dink vir my begin die lewe nou eers.”
“My ma sê altyd ek is nog bloedjonk. Dit het my so vies gemaak. Maar nou is ek geweldig dankbaar dat ek my mensweesreis op die bloedjonge ouderdom van 19 kon doen, voor my volwasse lewe werklik gaan begin. As ek nie hierdie week se skoling ondergaan het nie, sou ek ‘n hengse klomp foute vorentoe in my lewe gemaak het.”
“Ek het my yskoud geskrik, neergeval en my bekeer toe ek ontdek hoe my hele lewe as Christen eintlik wemel van afgode wat ek onbewustelik aanbid. Ek eis as ek dink dat ek in daardie toestand van moderne afgodery moes doodgaan.”
“Die probleem was toe nooit kos en my gewig nie! Ek is verlos van my amper hipnotiese “trance” waarin ek was. Die lewe lyk weer so sinvol en ek voel so lig soos ‘n veertjie (al is ek nog nie, maar hou my dop).”
“Nou het ek gekry wat nog altyd ontbreek het: praktiese verhoudingsvaardighede. Want ek kan alleen so gelukkig wees as wat my verhoudinge is. En ek het net beheer oor my eie bydraes in my verhoudinge, nie oor die ander mense s’n nie. Dis ‘n wonderlike vryheid en las wat van my skouers af is.”
“Ek het gedink ek is gesond en funksioneer goed. Die trots van my vlees het my blind gemaak vir eelte en virusse in my lewe en verhoudinge. Ek het my verhoudinge eintlik merendeels net ingespan om heeltyd ‘n bevestiging van my vermoëns te kry en om te weet ek is ‘n steunpilaar in andere se lewe.”
“Die gat waarin ek was, was diep en donker. Ekself het onbewustelik ‘n groot aandeel daarin gehad. My voete is nou weer op vaste grond. Ek is opgetrek uit die modderige slyk. In U Lig sien ek die lig. My erfenis is vir my mooi. Teleurgestelde verwagtinge is nie meer my god wat ek aanbid nie en ‘n swak selfbeeld is nie meer my daaglikse dieet nie.”
“Kerkgoeters het my nog altyd verveel. Gee my liewer adrenalien sport. En interessante plekke waar ek heen kan reis. Ek het nooit kon dink dat ware feite oor die hemel en nuwe aarde soveel adrenalien in my kan wakkermaak nie. Skielik is die Koninkryk van God vir my ‘n groot avontuur en die Pelgrimsreis na die hemel en nuwe aarde toe lyk na die beste reis van my lewe.”
“Toe ek hier gekom het was ek net eenvoudig wounded. Maar hier het ek so baie ervaar van die “healing”. Ek was baie geslote voor mense en God. My pyn het ek vir myself gehou uit my ou, valse selfportrette en vrees vir verwerping geleef. Ek myself toe gehou vir almal en vir God en nie verantwoordelikheid vir my lewe aanvaar nie. Ek huil nie maklik voor mense nie en my emosies was jare lank my vyand. Vanoggend het die damwal gebreek. Ek is skoongewas in Jesus en verlos van jare se pyn en leed wat ek myself aangedoen het.”
“Ek het hiernatoe gekom met hoop op genesing vir pyn en seer, maar baie meer ontvang as wat ek gehoop het. Ek het ‘n padkaart gekry om op die praktiese manier ‘n Christen te wees soos Jesus.”
“Ons huwelik is grondig herstel en vir die eerste keer in ons 12 jaar van getroude lewe kon ons ‘n volwasse gesprek met mekaar voer”.
“Ek het almal in my lewe probeer dien in plaas van vir God. Ek het só baie wanindrukke gehad en God het totaal al daardie dinge aan my geopenbaar. Ek het nie eers geweet dat ek so ‘n verkeerde indruk en so ‘n groot nood en smag na God gehad het nie. Ek is só dankbaar en gelukkig.”
“Na 10 jaar in die woestyn, het ek met my reis uitgekom by ‘n rusplek waar ek my ou self met sy valshede vaarwel kon toeroep. Ek het groot vreugde vir my laaste paar jaar hier op aarde want Christus is my lewe. Dankie Here, dat ek finaal gesterf het en nou net met deursettingsvermoë in enige lyding kan wag vir die grand finale.”
“Ek kan nie glo ek het met sulke arrogantheid soveel afgode al die jare aanbid het nie, salig onder die waan dat ek eintlik ‘n groot Christen en volwasse mens is”
“Ek kan nie glo ek het met sulke arrogantheid soveel afgode al die jare aanbid het nie, salig onder die waan dat ek eintlik ‘n groot Christen en volwasse mens is”
“Die lewe het opnuut weer vir my begin ! Aan God al die eer in die hoogste hemele”.
“Het ek maar 30 jaar gelede só ‘n reis ondergaan sou my huwelik en gesinslewe totaal anders gelyk het”.
“Hier vat ek dag vir dag en het gesien dat ek “controlling behaviour” toon deur ‘n ou binneprotret van seerkry. Ek probeer dan situasies of mense oorreed om nie dinge te doen (wat hulle vrye reg is) om my vlees te probeer beskerm. Die openbaring is pynlik want ek dink altyd ek is so onafhanklik en dit voel of ‘n deel van my gaan sterf maar ek weet die nuwe Jesus-lewe spruit uit!”
“Later, na steeds dieper delf, na pyn en moedeloos, vat God my hand en ons stap saam in my dieptes rond, net ek en Hy. Hy glimlag skielik…en toe ek kyk, kyk God na MY: Jou skatte links en regs my liefste seun, kyk mooi en glo geen leuen. Want binne jou…die sekerheid van Christus Jesus-identiteit”.
“Ek is hier gebore”
“My lewe begin nou eers.”
“Ek het so ‘n patetiese mens gevoel dat ek nie vir die VM reis kans gesien het nie. Hoe kan een week my verlede en die effek daarvan wegvat? Al die vuil en seer is nou weg. Ek is ‘n nuwe mens.”
“Ek wou 5 jaar gelede al die VM-reis doen. Ek het opgestaan uit die dood en kan vir die eerste keer weer voel.”
“My lewe was gebou op skuld. Jesus het Sy hand in my hart kom druk en gesê: Hierdie is nou My blyplek.” Ek het nog altyd gedink dat, as ek kon kies, my naam Adam moet wees. Nou weet ek hoekom. My regte naam beteken: ’God will add’. Ek hoef nie meer vriende te gebruik om iets by te voeg en my beter te laat voel nie.”"My hele lewe het nou ‘n totale omwenteling ondergaan. My kettings het afgeval. Ek is Sy bruid, baie spesiaal vir Hom. Dis nie meer vir my so ‘n lewensoorheersende probleem dat ek nie getroud is nie.”
“My lewe lank het ek geleef vanuit die veronderstelling dat ek die rede is hoekom mense om my gelukkig moet wees. Nou kan ek net toelaat dat Christus Homself in my wees en bepaal ander mense nie meer wie ek is nie.”
“Ek is ‘n seuntjie wat vir die eerste keer in my lewe nou beleef het dat ‘n Pa vir hom sê: Ek is lief vir jou”.
“Die belangrikste van alles vir my is die praktiese maniere waarmee ek toegerus is om vanuit my Jesus-identiteit te lewe.”
“Die feit dat ek nie genoeg selfkennis gehad het nie, het beteken dat ek nooit in kontak met myself was nie en dus nooit die nodige ontnugtering in my vlees beleef het nie.”
“My vernaamste masker was dat dit altyd goed gaan met my. Maar omdat ek minderwaardig en bang vir verwerping was het ek nooit vir enige iemand gewys wat ek regtig binne beleef nie.”
“My Godsbeeld was een van ‘n kwaai, onvriendelike God wat nie ‘regtig’ vergewe nie.”
“Ek was so ‘n ‘pleaser’ dat ek gereeld moeg en gefrustreerd was.”
“Ek het myself so totaal verwerp veral omdat ek nie maer genoeg is nie, dat ek nie ‘n vae benul gehad het van wie ek is nie.”
“Ek het sonder ‘n aardse moeder grootgeword. Dit was so genesend om God in Sy moederlike eienskappe te beleef.”
“Ek was so gefrustreerd omdat ek net ander mense, en nie myself nie, gelukkig kon hou. Ek was ongered, ‘n mens op pad na ‘n verkeerde weg nêrens heen nie.”
“Om veilig te voel het ek ‘n masker van ‘ek is in beheer’ voorgehou. Eintlik was ek minderwaardig en wantrouig. Ek het nou insig in die skade wat dit in my verhoudings meegebring het.”
“Ek was ‘n uitgesuigde spons. My lewe lank het ek probeer ‘shape’ om liefde en aanvaarding te kry. Ek het vreeslike eise aan my vlees gestel. Daarom was ek, ‘patetiese slagoffer’, op breekpunt toe ek hier kom. Nou is ek gevestig in ‘n nuwe identiteit en betree die lewe as ‘n wedergebore oorwinnaar in Jesus. Ek borrel binnekant.”
“Vir baie jare het ek so sleg geslaap en toe ek hier kom het dit gevoel of ek kan bars. Ek het hier so rustig geslaap”
“Ek was so gefrustreerd omdat ek net ander mense, maar nie myself nie, gelukkig kon hou. Ek was ongered, ‘n mens op ‘n verkeerde weg wat nêrens heen lei nie.”
“Ek het myself binnekant heeltemal stukkend gekrap, maar dit nooit na buite laat blyk nie.”
“My verlede was my lewe. Ek was heeltemal selfgesentreerd. Vir die eerste keer kan ek nou waarlik begin liefhê.”
Testimonies (Egypt)
“God has made a new beginning for me ! How desperately I needed it after so many years of conflict with myself and other people”.
“I always knew that the meaning of my name is ‘forgiveness’, but I never liked it. I felt many people can harm me and I must always please by forgiving all the time. Now I have discovered that forgiveness actually is the fruit of love and the experience of Jesus’ worth in me. Actually my name is the Jesus character in me. I now feel I want to worship this Lord who has given me my meaningful name”.
“I felt that 90% of what was said in the course, was only for me personally”.
“Things have become shockingly clear to me. My life was full of pain. I have now discovered that I have contributed to at least 70% of my pain because of my wrong reactions to life’s difficulties and sufferings.”
“To confront other people in order to restore relationships always bothered me because I saw it as a point of weakness to be the one to do it first. God has shown me that it is actually a sign of maturity to take initiative in restoring relationships.”
“At this stage I have more than one ‘prison’ in my life. I have learned how to be useful in my ‘prisons’ instead of just feeling fear and wanting to escape. I’m encouraged to leave my focus on material things and find my security in God”.
“It has freed me to discover that only I am responsible for my own actions and not others. Also that I’m not healed if I have not cleaned the sinful infection in my wounds. Now, with Christ in me, I can constantly make new beginnings.”
“In every stumbling block I face God first wants to change something in me. I must stop prescribing to God exactly how He should help me.”
“The example of the martyrs that were burned alive made a big impact on me. I love my material possessions too much and must start training myself not to do this.”
“The Biblical guidelines on parent-children relationships and vice versa meant a lot to me and I want to implement it in my life even though I’m not young any more.”
“I have lived out of constant feelings of guilt and tried to separate myself from it. Now I know how to practically handle it.”
“My whole life has changed now. I’m strongly called by God to maturity. I did not understand the difference in my life between Biblical care for myself and sinful selfishness. I have served God more for the blessings in His hand than for His hand itself.”
Testimonies (Ukraine)
“From the very first day of our journey I was very much touched by the message of Wounded Healer. I never thought in the past that if God wants tor each His purposes in my life, I need to go through times of trials, pain,losses and sufferings. God has called me to be a wounded Healer, like Jesus,and He can use my past experiences of woundedness and pain in order to make it a source of healing for wounded people like me”.
“During course I also realized that God and His Divine Identity which is in me now is the only source of my existence and daily living (relationships,work). I am very blessed to understand that I don’t need to rely on other people’s opinions about me or my sinful own believes in who I am, but can trust in what God thinks of me now. I also learned that in my old nature and flesh I have absolutely nothing to boast about and that only trusting in God’s power in me I can live the life that He expects of me and bring much fruit.”
“I have done MP course now for the second time, and believe God worked powerfully in my life. At the moment I experience both joy and somewhat of a sadness in my heart. The Joy that I experience comes from realization of who I am in Christ through His Identity in me. But sadness comes from the fact that I discovered that I have not been living this truth thus far and that I did not value the relationships with Heavenly Father as His son.”Now I really desire to live a new life, I want Christ and His Identity to be the center of control of my life and that I will live the new life out of Jesus in me. I want to change daily into His image and become like Jesus in all circumstances and relationships.”
“I have experienced much love from the Lord these days and am so grateful that God’s Word is being fulfilled and shows itself in such truthfulness to us. Most of all I am grateful for the gift of eternal life of God in me now! With joy I am now expecting the day when I can see Jesus face to face.May the Father, the Son and the Holy Spirit receive all the glory!”

