GETUIENIS

Ek het almal in my lewe probeer dien in plaas van vir God. Ek het só baie wanindrukke gehad en God het totaal al daardie dinge aan my geopenbaar. Ek het nie eers geweet dat ek so ‘n verkeerde indruk en so ‘n groot nood en smag na God gehad het nie. Ek is só dankbaar en gelukkig.

Na 10 jaar in die woestyn, het ek met my reis uitgekom by ‘n rusplek waar ek my ou self met sy valshede vaarwel kon toeroep. Ek het groot vreugde vir my laaste paar jaar hier op aarde want Christus is my lewe. Dankie Here, dat ek finaal gesterf het en nou net met deursettingsvermoë in enige lyding kan wag vir die grand finale.

Ek kan nie glo ek het met sulke arrogantheid soveel afgode al die jare aanbid het nie, salig onder die waan dat ek eintlik ‘n groot Christen en volwasse mens is.

Ek kan nie glo ek het met sulke arrogantheid soveel afgode al die jare aanbid het nie, salig onder die waan dat ek eintlik ‘n groot Christen en volwasse mens is.

Die lewe het opnuut weer vir my begin ! Aan God al die eer in die hoogste hemele.

Hier vat ek dag vir dag en het gesien dat ek "controlling behaviour" toon deur 'n ou binneprotret van seerkry. Ek probeer dan situasies of mense oorreed om nie dinge te doen (wat hulle vrye reg is) om my vlees te probeer beskerm. Die openbaring is pynlik want ek dink altyd ek is so onafhanklik en dit voel of 'n deel van my gaan sterf maar ek weet die nuwe Jesus-lewe spruit uit!

Ek is hier gebore.