Besoek aan Egipte: 1 Oktober – 1 November 2014

Egipte Besoek 2014

Beste Vriende

Ons vertrou dit gaan goed aan julle kant.

Vanaf 1 Okt – 1 Nov sal Susan en ek met bediening in Egipte wees.

Die volgende kursusse word gedoen:

1. Twee naweke Reis in Menswees – neem Janette se groep van 17 verder – sy het met hulle reeds die afgelope drie maande gevorder en kom weekliks byeen vir 1 jaar.

2. 7 dae opleiding aan Ehab Wakim in Reis in Menswees – stabiele mens in sy laat veertigers en hy kom al lang pad saam sedert 2003 maar nog nooit kursus gedoen. Hy is Samsung se streeksbestuurder in Sentraal en Noord Afrika. ‘n Katoliek wat graag die bediening in die Katolieke Kerk wil begin.

3. 5 dae Formed by the Desert (nuwe kursus wat ek ontwikkel het).

4. 3 dae Comfort in Suffering vir interdenominasionele groep.

Ons sal voorbidding waardeer.

Groetnis,

Benna en Susan

About the Author

Leave a Reply

*

captcha *