Wees en Doen Liefde Werkswinkel | 20-22 Oktober 2017 | Bloemfontein

20 Oct 2017 - 22 Oct 2017 | 06:30 pm - 05:00 pm

WEES EN DOEN LIEFDE WERKSWINKEL

20-22 Oktober 2017 | Villa Avianto, Speserylaan 40, Kwaggafontein, Bloemfontein.

CALL TO THE HIGHEST OF ALL

Die lewe is baie eenvoudiger as wat ons dit maak. Daar is slegs een groot praktiese mikpunt en dryfkrag wat tot ‘n suksesvolle lewe lei. Dit gebeur nie outomaties nie.
WEES EN DOEN LIEFDE

Jy bestaan omdat jou Skepper besluit het om deur jou bekend te maak wie en hoe Hy is (Gen 1:27). Jou voorreg en hoogste lewensdoel is dus om God se identiteit en karakter uit te leef in die vier basiese verhoudinge van jou lewe. God som op wie en hoe Hy is: “God is liefde” (1 Joh 4:8). Jou lewensroeping is dus: wees en doen liefde.

IS JY SINIES OOR LIEFDE?
Daar is groot sinisme oor liefde. Die magdom verwondings en mislukkings in allerlei soorte van verhoudinge wat liefde as vertrekpunt en doel gehad het, maak dat min mense daarin belangstel om liefde na te jaag as hoogste doen-doel en uitnemendste leefstyl. Dis omdat daar ‘n totale wanindruk is van wat liefde is.

Liefde is ‘n spesifieke stel verhoudingsvaardighede wat júís bedoel is om gebrokenheid te voorkom, te oorkom en te genees.

ENKELE WERKSWINKEL UITKOMSTE

Keer terug tot jou skeppingsdoel en vereenvoudig jou lewe sinvol.
Leer spesifieke vaardighede wat spanning en gebrokenheid in verhoudinge oorkom en voorkom.
Leer om moeilike mense te hanteer op ‘n manier wat positiewe verandering meebring.
Roei die grootste oorsaak vir verwydering in verhoudinge op alle vlakke uit.
Skakel negatiewe kenmerke om in positiewe karakterontwikkeling.
Ideale naweek vir diepgaande verhoudingsgroei en –herstel.
Onontbeerlike toerusting vir gesinne, families, kollega’s, vriende, verliefdes, verloofdes en getroudes.

NAWEEK BESONDERHEDE & REGISTRASIE

VENUE: Villa Avianto, Speserylaan 40, Kwaggafontein, Bloemfontein.

AANWYSINGS: Google Maps na Villa Avianto 

DATUMS: 20 - 22 Oktober 2017

PROGRAM:
Vrydag aand 18:30 – 20:30
Saterdag 08:30 – 17:00
Sondag 08:30 – 17:00

KOSTE: R980 per persoon

Tee/koffie, verversings en ligte middagetes word voorsien.

REKENINGBESONDERHEDE:
Mature Personhood NPC
Absa Hermanus
9087905585

Geen kontant of kontantdeposito’s asb.

NAVRAE:
Elizabeth Adendorff: 082 820 9292
E-POS: info@volwassemenswees.org