Reis in Menswees 29 Maart – 05 April 2014 te Leliefontein OVS
Reis in Menswees datums vir 2014
- 29 Maart – 05 April 2014 (Leliefontein Retreatplaas, Vrystaat)
- 02 – 10 Julie 2014 (Leliefontein Retreatplaas, Vrystaat)
- 03 – 11 Oktober 2014 (Leliefontein Retreatplaas, Vrystaat)
- 10 – 17 Desember 2014 (Leliefontein Retreatplaas, Vrystaat)
Helende Reis in Menswees
Dis daaglikse realiteit: Jou menswees benodig voortdurende vorming en genesing. In Helende Reis kan jy kort en insiggewende gedeeltes lees oor waarom die daaglikse gebroke pool van die lewe vir jou soveel wins inhou op jou pelgrimstog deur die kort aardse lewe. Dis lewenstoerusting wat plaasvind tydens die 8-dag Reis in Menswees.
Is dit tyd vir jou Reis in Menswees?
‘n Reis in Menswees is elke mens se voorreg en noodsaaklike erfenis om in besit te neem. ‘n Lewe sonder nadenke is nie die moeite werd om te leef nie. Hier is sinvolle vrae om oor na te dink en wat jou sal begelei om die antwoord te ontdek op die vraag: ”Is dit tyd vir my Reis in Menswees?”
Hoekom ondergaan andere ‘n Reis in Menswees?
Jou menswees benodig voortdurende vorming en genesing. In die artikel se aanhangsel gee ons die verskeie redes waarom andere hulle wou laat begelei op ons unieke manier: ”Hoekom ondergaan andere ‘n Reis in Menswees? “Weet jy van iemand?
So getuig ander oor hul Reis in Menswees:
“Ek het hiernatoe gekom met hoop op genesing vir pyn en seer, maar baie meer ontvang as wat ek gehoop het. Ek het ‘n padkaart gekry om op die praktiese manier ‘n Christen te wees soos Jesus.”
“Ons huwelik is grondig herstel en vir die eerste keer in ons 12 jaar van getroude lewe kon ons ‘n volwasse gesprek met mekaar voer”.
“Ek wou 5 jaar gelede al die VM-reis doen. Ek het opgestaan uit die dood en kan vir die eerste keer weer voel.”
“My Godsbeeld was een van ‘n kwaai, onvriendelike God wat nie ‘regtig’ vergewe nie. Ek was so ‘n ‘pleaser’ dat ek gereeld moeg en gefrustreerd was.”
“Om veilig te voel het ek ‘n masker van ‘ek is in beheer’ voorgehou. Eintlik was ek minderwaardig en wantrouig. Ek het nou insig in die skade wat dit in my verhoudings meegebring het.”
“Ek het myself so totaal verwerp veral omdat ek nie maer genoeg is nie, dat ek nie ‘n vae benul gehad het van wie ek is nie.”
Vir verdere navrae kontak
Kantoor 028 316 1433
Benna 082 829 2418
Deon 072 460 3023
Epos info@volwassemenswees.org

