Reis in Menswees 8 – 15 Desember

Reis in Menswees 8 – 15 Desember 2012 te Leliefontein OVS
Registrasies het begin vir die eersvolgende Reis in Menswees wat plaasvind vanaf 8-15 Desember 2012  op ‘n pragtige retreatplaas (Leliefontein) tussen Welkom en Bultfontein (Vrystaat).

So getuig mense wat hulle Reis in Menswees gedoen het:

  • Vir die eerste keer verstaan ek presies wat my skeppingsdoel is en wat ek prakties kan doen om dit na te jaag. Daarom het ‘n diepe rus en vrede my lewensbestaan kom vul. My ontevrede gejaag na verhoudinge en dinge kon dit nooit vir my bewerk nie.
  • Wat ‘n openbaring was dit nie om te kan sien dat ek onbewustelik my lewe lank aangedryf is deur seerkry in my pogings om my lewe so in te rig dat ek veilig kan voel. Ek kon met wyse begeleiding my verlede se seer in die oog kyk, dit hanteer en totsiens sê daarvoor. Ek voel so lig en gesond en sien baie uit na God se toekoms vir my op die ou aarde totdat ek Huistoe gaan, wat dit ook al inhou.
  • My aggressiewe benadering tot mense en die aanpak van dinge het my heeltemaal begin isoleer van die lewe en my gesondheid aangetas. Die sondige dryfkragte is ontlont en ek weet nou hoe om my aggressie te kanaliseer om God se wil te kan doen, in plaas daarvan om eenvoudig mense en dinge uit die pad te vee of op hulle plek te sit.
  • Ek wil nie meer my tyd mors om ontsnappingsroetes uit te werk om uit moeilike situasies weg te kom nie. Daar is baie beter en minder stresvolle dinge om te doen. Ek verwag dat ek nou baie gaan groei omat ek nie so gaan weghol uit vrees vir konflik nie.
  • Ek het altyd vasgekyk teen swaarkry en moeilike tye en my lewe so probeer organiseer dat ek meestal net goeie en gelukkige tye beleef. Ek het die fout van my lewe gemaak, want ek het nie die wins in die gebroke deel van die lewe (wat maar elke dag deel is van elke mens se lewe) raakgesien en ontgin nie. Ek het myself verarm. Nou is ek besig met dit wat nooit van my weggeneem kan word nie. LEES MEER

 

Vir verdere navrae kontak:

028 316 1433

info@matureperson.org

Leave a Reply

*

captcha *