Volwasse Menswees Werkswinkel Stellenbosch 27 Februarie 2016

 

HAAL WINS UIT JOU WOESTYNTYE

WINS UIT WOESTYNTYE?

Een van die heel belangrikste vaardighede wat elke mens moet leer bemeester, is hoe om die gebroke pool van die lewe, die simboliese woestynervaringe, te hanteer.

WAT IS WOENSTYNTYE?

Daar is baie name vir hierdie meestal onverwagse en ongewensde tye in ons lewe: verskillende soorte swaarkry, seerkry, doodloopstrate, ontnugterde drome, verydelde planne, teleurgestelde verwagtinge, verlies, gebrokenheid, trauma, langdurige droeë, onvrugbare, frustrerende, doellose, pynlike, verwarrende, onseker, eensame, stresvolle, moedelose en moeë tye.

TRANSFORMEER JOU WOESTYNTYE

Dié werkswinkel bied jou geleentheid om jou wildernistye te transformeer en tot jou voordeel in te span. Om wins daaruit te haal. Om jou rol daarin só te speel dat dit ‘n geseënde terapie-ervaring vir jou word.

ENKELE WERKSWINKEL UITKOMSTE

  • Leer ken die wildernis as gasheer, vriend en terapeut
  • Ontdek God se doel met verskillende soorte wilderniservaringe
  • Haal die wins uit jou woestyervaringe van die verlede
  • Raak ontslae van onnodige bagasie in jou woestyntye
  • Kyk met nuwe oë na jou woestyn padkaart
  • Inoefening van gesonde hantering van tipiese woestyn-emosies
  • Bekom oorlewingstrategieë vir woestyntye
  • Leer hoe die natuur jou kan bedien in jou woestyntyd

BESONDERHEDE & REGISTRASIE

VENUE: Onze Rust Gastehuis en Konferensiesentrum,

Vlaebergpad, Stellenbosch

DATUM: Saterdag 27 Februarie 2016

SATERDAG PROGRAM:

08:00 – 17:00

KOSTE: R750 per persoon

  • Tee en verversings word voorsien.
  • Bring eie Saterdagmiddag kospakkie of piekniek mandjie.

WERKSWINKEL REGISTRASIE NOODSAAKLIK:

Registreer nou vir

Reis in Menswees

23 – 30 Maart 2016

Die volgende Reis in Menswees vind plaas vanaf 23 – 30 Maart 2016 op Leliefontein Plaas in die Wesselsbron Distrik van die Vrystaat. Lees meer oor Leliefontein

Verdere datums vir 2016:

  • 7 – 14 Desember 2016

Voltooi ons registrasievorm aanlyn

About the Author

Leave a Reply

*

captcha *