Volwasse Menswees Werkswinkel Stellenbosch 29 – 31 Mei 2015

CALL TO THE HIGHEST OF ALL

Die lewe is baie eenvoudiger as wat ons dit maak. Daar is slegs een groot praktiese mikpunt en dryfkrag wat tot ‘n suksesvolle lewe lei. Dit gebeur nie outomaties nie.

WEES EN DOEN LIEFDE

Jy bestaan omdat jou Skepper besluit het om deur jou bekend te maak wie en hoe Hy is (Gen 1:27). Jou voorreg en hoogste lewensdoel is dus om God se identiteit en karakter uit te leef in die vier basiese verhoudinge van jou lewe. God som op wie en hoe Hy is: “God is liefde” (1 Joh 4:8). Jou lewensroeping is dus: wees en doen liefde.

IS JY SINIES OOR LIEFDE?

Daar is groot sinisme oor liefde. Die magdom verwondings en mislukkings in allerlei soorte van verhoudinge wat liefde as vertrekpunt en doel gehad het, maak dat min mense daarin belangstel om liefde na te jaag as hoogste doen-doel en uitnemendste leefstyl. Dis omdat daar ‘n totale wanindruk is van wat liefde is.

Liefde is ‘n spesifieke stel verhoudingsvaardighede wat júís bedoel is om gebrokenheid te voorkom, te oorkom en te genees.

ENKELE WERKSWINKEL UITKOMSTE

  • Keer terug tot jou skeppingsdoel en vereenvoudig jou lewe sinvol.
  • Leer spesifieke vaardighede wat spanning en gebrokenheid in verhoudinge oorkom en voorkom.
  • Leer om moeilike mense te hanteer op ‘n manier wat positiewe verandering meebring.
  • Roei die grootste oorsaak vir verwydering in verhoudinge op alle vlakke uit.
  • Skakel negatiewe kenmerke om in positiewe karakterontwikkeling.
  • Ideale naweek vir diepgaande verhoudingsgroei en –herstel.
  • Onontbeerlike toerusting vir gesinne, families, kollega’s, vriende, verliefdes, verloofdes en getroudes.

NAWEEK BESONDERHEDE & REGISTRASIE

VENUE: Onze Rust Gastehuis en Konferensiesentrum,
Vlaebergpad, Stellenbosch

DATUM: 29 – 31 Mei Naweek Werkswinkel

PROGRAM BEGIN VRYDAG EN EINDIG SONDAG:
Vry 29 Mei 18:00 – 21:00
Sat 30 Mei 08:00 – 17:00
Son 31 Mei 08:00 – 17:00

KOSTE: R980 per persoon

  • Tee en verversings word voorsien.
  • Bring eie middagete kospakkies.

REGISTRASIE VOORAF NOODSAAKLIK:

About the Author

Leave a Reply

*

captcha *