Volwasse Menswees werkswinkels in Pretoria (Julie)

VERNUWE JOU PERSPEKTIEF Kry perspektief in 3 strategiese areas 
‘n Lewe waaroor nooit nagedink word nie is nie die moeite werd om te leef nie. Tye het dramaties verander en daarom moet ons strategie vir ‘n sinvolle en invloedryke lewe ook aangepas word. “Paradise lost” kan weer “Paradise regained” word. Die oog is die lamp van die liggaam. As ons nie reg kyk nie word dit geleidelik “donker, deurmekaar en dooierig” ín ons en dan rondom ons. Volwasse Menswees bied ‘n praktiese reeks van ses 2-uurlange werkswinkels aan – dit sal jou die geleentheid bied om nadenkend met God se oog te kyk en op dreef te kom met ‘n nuwe vrugbare seisoen van Eden-stadslewe binne God se skeppingsdoel.

PRETORIA WERKSWINKEL DATUMS IN JULIE

Woensdagaand 4 Julie 1900 – 2100
Kry God se skeppingsdoel weer in die oog (1)

Sondag laatmiddag 8 Julie 1700 – 1900
Kry God se skeppingsdoel weer in die oog (2)

Woensdagaand 11 Julie 1900 – 2100 
Balanseer jou tydseise (1)

Sondag laatmiddag 15 Julie 1700 – 1900
Balanseer jou tydseise (2)

Woensdagaand 18 Julie 1900 – 2100
Rig jou woning in vir gesonde verhoudinge (1)

Sondag laatmiddag 22 Julie 1700 – 1900
Rig jou woning in vir gesonde verhoudinge (2)

Plek:  Irene Village Hall, Centurion, Pretoria
Bring:  Bybel, pen, highlighter, notaboek

Bespreking:  Marilize 082 316 7107 of evert@grovert.co.za
  Nooi gerus ‘n paar vriende saam.

Leave a Reply

*

captcha *