Leliefontein Retreatplaas

Ons sien uit om julle te ontmoet en te ontvang op Leliefontein retreatplaas van Jasper en Riekie Coertzen. Leliefontein, is ‘n besondere plaas met ‘n unieke geskiedenis. Dis ‘n plek waar jy God se rus en nabyheid kan aanvaar in en deur alles daar. Leliefontein het unieke geriewe wat spesiaal ingerig is vir die tipe bedieningsvereistes soos die van Volwasse Menswees se Reis in Menswees. Die retreatplaas het baie hoekies en draaitjies waar jy alleen kan sit en baie oop stukke landerye, ‘n woud, opstalle en diere om te besigtig en te geniet. Daar is ‘n pragtige tuin met groen grasperke en groot bome. Die swembad is ideaal vir afkoel op ‘n warm somersdag en goed vir oefening en ontspanning (daar is ook ‘n trampoline). Daar is ook ‘n klein “chapeltjie” (ons sanctuary) waar mens kan gaan stil word en na rustige musiek kan luister. Jasper en Riekie het ‘n hart om ‘n wonderlike familie atmosfeer te skep tydens die Reis en Menswees en elke slaapkamer is uniek toegrus en gereed gemaak vir die verskeie gaste wat besoek kom afle. Die eetsaal is ‘n luilekker kuier plek waar ongelooflike maaltye bedien word. Die stoep en kruietuin is ook ‘n besondere plek waar mens na die pragtige wit duiwe en kapokhoendertjies kan sit en kyk. Baie kursusgangers se tyd verdryf is iets tussen draf tussen die koring/mielielande en stap na die Vetrivier toe waar mens dalk ‘n wilde dier of twee kan raak sien. Ons sien uit om julle te ontmoet en te ontvang. Hieronder is die padaanwysings en ons vertrou jy sal die plaas maklik kry. Die plaas se telefoonnommer is 057 899 2428 (eienaars Jasper en Riekie) en Deon se selnommer is 072 460 3023. Arriveer asseblief tussen 15h00-17h00 op dag wat die kursus begin. Ons begin die aand stiptelik om 19h00 met ‘n kort samekoms.

VANAF BLOEMFONTEIN – DRAAI LINKS VANUIT DIE N1 OP DIE R700 NA BULTFONTEIN.

  • BY BULTFONTEIN (LANGSAAN VERBY) RY REGUIT AAN OPPAD NA WELKOM VIR +/- 40 KM.
  • NET NA DIE SANDRIVIER DRAAI LINKS BY MARANATA KWEKERY BORD OP DIE S91(GRONDPAD) VIR 5KM
  • PLAAS LELIEFONTEIN (JASPER EN RIEKIE COERTZEN – RENTMEESTER) OP LINKERKANT
  •  VAT TWEEDE AFDRAAI IN PLAAS IN(KYK VIR SASOL BORDJIE) EN RY NA HUIS AAN REGTERKANT

VANAF KROONSTAD –  RY NA WELKOM OP DIE R34.VERBY RIEBEEKSTAD REGUIT NA WELKOM

  • VANAF DIE EERSTE SIRKEL RY REGUIT AAN BY DIE 4e SIRKEL RY DRIE KWART REGS. DAN IS DIT STAATSWEG/STATEWAY RY MET STATEWAY REGUIT AAN VIR DIE VOLGENDE 3 SIRKELS TOT BY DIE ODENDAALSRUS EN THEUNISSEN KRUISING.
  • RY REGOOR NA BULTFONTEIN.
  • RY VANAF KRUISING 28KM AAN EN DRAAI REGS VOOR SANDRIVIER BY MARANATA KWEKERY BORD OP DIE S91(GRONDPAD)
  • RY 5KM TOT BY PLAAS LELIEFONTEIN (JASPER EN RIEKIE COERTZEN – RENTMEESTER) OP LINKERKANT
  • VAT TWEEDE AFDRAAI IN PLAAS IN(KYK VIR SASOL BORDJIE) EN RY NA HUIS AAN REGTERKANTGPS
  • KOÖRDINATE: Latittude: 28° 3’30.34″S     Longitude: 26°24’20.68″Ons bid julle ‘n veilige en geseënde reis toe!

Benna en die VM span

VOLWASSE MENSWEES Posbus 789, HERMANUS, 7200 Telefoon: +27(0)28 316 1433 Faks: +27(0)88 028 316 1433 Selfoon: +270828292418 E-pos: info@matureperson.org