8-Dag Terapeutiese Ondervinding


Die 8-dag Reis in Menswees is ‘n intensiewe en terapeutiese kursus wat permanente gedragsverandering en geestelike groei fasiliteer.

In hierdie hoë-impak kursus word die genesing en herstel van emosionele en opvoeding skade gedurende die vormingsjare, sowel as ongesonde gedragspatrone in verhoudinge onder andere hanteer. Gesonde selfbestuur en selfaanbieding vanuit die nuwe identiteit in Christus word ook geleer en ingeoefen.





Volwasse Menswees bied al vir die afgelope 22 jaar hierdie uiters praktiese Bybels-wetenskaplike kursus aan. Die 8-dag kursus is met groot vrug aan duisende mense in Suid-Afrika en lande soos Engeland, Egipte en Oekraïne aangebied.

Registreer nou

Kalender

WAT IS 'N REIS IN MENSWEES?


Dis ‘n 8-dag retreat in ‘n terapeutiese eiland-situasie waartydens jy gevestig word in jou skeppingsdoel en jou nuwe identiteit in Christus, sodat jy kan leef by jou naam in al jou verhoudings.
Lees Meer

IS DIT TYD VIR JOU REIS IN MENSWEES?


Ondergaan ‘n intensiewe, hoë-impak vormingskursus wat gapings in jou menswees opvang en betree ‘n nuwe, vrugbare seisoen van lewe sonder ou bagasie.
Lees Meer

ONTDEK JOU WARE SELF


‘n Kern lewenstaak van elke mens is om al die valse selfe wat oor die jare heen gevorm is raak te sien vir wat dit is, daarvan ontslae te raak en jou ware self in God met tevredenheid te ontdek.
Lees Meer

VERNUWE JOU BINNEWÊRELD


As jy weet hoe elke element van jou binnewêreld veronderstel is om te funksioneer, gaan jy toenemend jouself reg bestuur.

HANTEER GISTER EN MÔRE EFFEKTIEF


Leer hoe om negatiewe en onafgehandelde aspekte van jou verlede en toekoms so te hanteer dat jy met konsentrasie en energie voluit in die hede kan leef.

Registreer nou

GETUIENISSE

"Vir die eerste keer verstaan ek presies wat my skeppingsdoel is en wat ek prakties kan doen om dit na te jaag. Daarom het ‘n diepe rus en vrede my lewensbestaan kom vul. My ontevrede gejaag na verhoudinge en dinge kon dit nooit vir my bewerk nie.”


"Ek het een van die beste beleggings van my lewe gemaak want ek is tydens my mensweesreis onherroeplik gefokus op die belangrikste prioriteite van my lewe op hierdie kort aarde."


“Het ek maar 30 jaar gelede só ‘n reis ondergaan sou my huwelik en gesinslewe totaal anders gelyk het”.


"My ma sê altyd ek is nog bloedjonk. Dit het my so vies gemaak. Maar nou is ek geweldig dankbaar dat ek my mensweesreis op die bloedjonge ouderdom van 19 kon doen, voor my volwasse lewe werklik gaan begin. As ek nie hierdie week se skoling ondergaan het nie, sou ek ‘n hengse klomp foute vorentoe in my lewe gemaak het."

HOEKOM DOEN MENSE DIE REIS IN MENSWEES?


Jy word in-diepte bedien en versorg in jou menswees en ontdek hoedat God sy storie deur die geskiedenis van jou menswees skryf.
Lees Meer

HELENDE EN VORMENDE REIS IN MENSWEES


Leer hoe om menswees verwondinge te herken, effektief te versorg en wins daaruit te haal sodat dit ‘n bron van genesing vir ander kan word.
Lees Meer

HOE GAAN DIT MY PRAKTIES BAAT?

  • Uitgesorteerde verlede
  • Effektiewe verhoudingsvaardighede
  • Intiemer en kreatiewe verhouding met God
  • Groter werksbevrediging

GROEI GEESTELIK-EMOSIONEEL


Bemeester die kuns om jou geestelik-emosionele groei gesond en op momentum te hou en volwasse te funksioneer.

MODEL VIR VERHOUDINGSHERSTEL


Verkry 'n praktiese model vir verhoudingsherstel deur onder andere te leer wat dit is om versorgend te luister en hoe om gesonde grense te handhaaf en te respekteer.

Registreer nou